TUIS

Atlete vir Christus is ’n uitreikaksie van Kruiskerk/Moederkerk, Stellenbosch. Die span bestaan uit ’n groep Maties wat met entoesiasme en liefde Jesus se Naam verkondig, onder meer by ouetehuise en in gevangenisse. Hulle leuse is “Ons hardloop, sing en gesels Christus”. Elke jaar samel hulle fondse in vir die getuienis- en toerustingswerk wat Bybel-Media in Suid-Afrikaanse tronke doen.

Atlete vir Christus is in 1974 gestig en bestaan uit atlete, sangers, persoonlike werkers en ’n predikant. Hulle reis elke jaar in Junie en Julie van dorp tot dorp deur Suid-Afrika. Hulle volg ’n vooraf beplande roete om fondse in te samel en terselftertyd na mense uit te reik. Die atlete hardloop op ’n aflosbasis die afstande tussen die dorpe en het borge vir elke kilometer wat hulle aflê. In die dag doen hulle Bybelstudies, die atlete ontvang ondersteuning en hulle gaan op uitreike. Saans tree die span op by ’n gasheergemeente om terug te ploeg in die dorpe wat hulle so gasvry ontvang.

HOE JY KAN HELP

Bybel-Media is tans besig om op hierdie webtuiste ’n volledige aanlyn argief oor Atlete vir Christus saam te stel wat oor die afgelope 47 jaar sal strek. Ons bou ’n blad vir elke jaar met foto’s, name, joernaalinskrywings, uitdeelblaadjies en getuienisse. (Klik op ARGIEF om lys van die jare te sien.) Die probleem is dat alles wat ons nodig het in ou fotoalbums en op “floppy disks” in oud-atlete se huise is.

Dit is hoekom ons jou hulp nodig het om hierdie argief volledig te maak. 

  • As jy enige foto’s (met die mense se name, indien moontlik), verhale, nuusberigte of ander inligting het wat ons kan byvoeg, stuur asseblief vir ons ’n e-pos na [email protected] 
  • As een van jou ouers deel van Atlete vir Christus was, kan jy dalk help om daardie jaar se blad saam te stel.
  • As jy in ’n Atlete-huwelik is, stuur asseblief vir ons ’n troufoto saam met julle name en die jaar toe julle deel van Atlete vir Christus was en getrou het.

Op elke bladsy is daar ook plek waar jy jou getuienis met ons kan deel. Ons hoor baie graag van jou.

Stuur ook asseblief hierdie e-pos aan na enige oud-atlete met wie jy nog kontak het.

KONTAK

Leiers 2023

Surika van Zyl – 071 643 2744
Gerrit van Zyl – 071 512 0660

[email protected]

Bybel-Media verteenwoordiger

Mercial Adonis
[email protected]
Gevangenisbediening Koördineerder